Explore Flipsnack. Transform boring PDFs into engaging digital flipbooks. Share, engage, and track performance in the same platform.
From magazines to catalogs or private internal documents, you can make any page-flip publication look stunning with Flipsnack.
Check out examples from our customers. Digital magazines, zines, ebooks, booklets, flyers & more.
Pre-made templates to create stunning publications in minutes
Here are eight reasons why you should consider choosing interactive, digital flipbooks instead of boring and static PDFs. Check them out!
2 Uit Pastoor Lourens se hart. Toeskouers en Deelnemers En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. (Markus 10:38) Eenmaal het ek gehoor van `n groepie Koreaanse uitruilstudente wat vir `n tyd lank in Amerika gaan studeer het. Een Sondagaand laat arriveer hulle terug by die koshuis en verduidelik aan hulle maats: “we went to a Christian service and watched Church.” Om kerk te ‘kyk’ is redelik gemaklik. Dit is soos om sport te kyk. Wanneer `n groot rugbywedstryd gespeel word is daar altyd toeskouers en deelnemers. In terme van die Christendom is dit ook so. Daar is natuurlik niks mee fout om `n diens op TV te kyk nie. As dit egter `n alternatief word vir `n lewende deelname aan `n geloofsgemeenskap, loop dinge nie reg nie. Jesus het gesê dat as `n mens Hom wil volg, jy jou kruis moet opneem. (Markus 8:34). Jesus het sy lewe aan die kruis geoffer. As ons dink aan die kruis, dan moet ons weet: dit gaan oor offers. As `n mens Jesus wil volg moet jy bereid wees om sekere offers te bring. Om vir die regte span te skree is nie genoeg nie. `n Mens moet meer as `n toeskouer wees. Jesus vra dat ons ons kruis sal opneem. Hy vra van ons om offerwillig te wees. In die Nuwe Testament word 7 offers geïdentifiseer. Dit is die offers wat die Here van ons vra. Dit is die kruis wat ons moet opneem. Hebreërs 13:15 leer vir ons dat die gesamentlike lofprysing van die gelowiges (om saam lofliedere ter ere van God se sing) `n offer is. Die volgende vers, vers 16 noem dat koinonia (saamwees, saamdeel, saamdoen) `n offer is. Dit is `n offer wat God bly maak, en wat deel is van die geloofspad. `n Bietjie verder noem Hebreërs 10:25 dat sommige Christene die gewoonte het om die byeenkomste te vermy. Die teks sê: ons behoort dit nie so te doen nie. Ons moet dus bereid wees om ons kruis op te neem. Ons is geroep om meer te wees as toeskouers. Jesus wil hê ons moet Hom volg. Om die gereelde byeenkomste van gelowiges by te woon vir samesyn en lofprysing is `n groot offer. Jy sal dit moeilik kan volhou tensy jy besluit het: “ ek sal my kruis opneem. Ek gaan meer wees as `n toeskouer. Ek wil Jesus volg. ” Seën groete Lourens
The cookies we use on Flipsnack's website help us provide a better experience for you, track how our website is used, and show you relevant advertising. If you want to learn more about the cookies we're using, make sure to check our Cookie policy
We use essential cookies to make our site work for you. These allow you to navigate and operate on our website.
We use performance cookies to understand how you interact with our site.They help us understand what content is most valued and how visitors move around the site, helping us improve the service we offer you.
Please note that declining these cookies will disable the ability to communicate with Flipsnack support.
We use marketing cookies to deliver ads we think you'll like.They allow us to measure the effectiveness of the ads that are relevant for you.